Kinderkwiltklas

Die kuns van naaldwerk, en dan spesifiek laslapwerk en kwilt is tegnieke wat generasies al saam met ons is. Meeste van ons ouer geslag het naaldwerk as verpligte vak op skool gehad met minder of meer sukses. Baie van ons het grootgeword langs oumas en ma’s wat klere en kwilte gemaak het. Meeste van ons kinders word nie in die hedendaagse tyd groot met naaldwerk om hulle nie. Tye het verander. My persoonlike missie is om kinders ‘n keuse te gee, of hulle wil naaldwerk doen of nie.  ‘n Basiese klas in naaldwerk kan dus vir hulle die geleentheid skep om te sien of hulle daarvan hou al dan nie.

Die sillabus bestaan uit ‘n reeks projekte wat aandag skenk aan al die fasette van naaldwerk. Spesiale aandag word geskenk aan die veiligheidsaspek van die gereedskap: skerp naalde en skêre en warm ysters kan met gemak reeds van kleins af handteer word. Goeie gewoontes word hopelik vasgelê die res van hulle lewes.

Kontak my vir meer inligting.